Testimonials

Testimonial ….

…. Teen vrydag was dit net te veel en het Caring Hands gekontak om n care worker vir ons te stuur om te help.

Sy was soos n engel uit die hemel en ons sommer geleer hoe om hom te hanteer en wat om te doen. Dit help as mens weet hoe om iemand in n bed te draai, n doek om te ruil en die regte manier om hom in die bed te was en skoon te maak en klere aan te trek.

Ons het geen keuse gehad as om Caring Hands te gebruik nie. Ek kan nou se dat sonder hulle hulp weet ek nie wat ons sou gedoen het nie. Die personeel is beter as beter en het in die kort tyd meer gedoen en reggekry as wat Hazeldean Intercare kon droom om reg te kry. My pa sit regop, eet en drink self. Hulle het hom al uit die bed en hy loop nou kort entjies met n loopraam. Hulle het hom nou al in die stort gehad en help met alles. Hy is ook nie meer so baie deurmekaar nie en sit nou al tot in sy stoel in die kamer en TV kyk.

Ek is nie n Dr nie maar een ding is seker, die personeel van Caring Hands weet wat hulle doen.

Dit is ongelooflik om hulle dop te hou hoe hulle hom sekere dinge leer, hoe om op die bed te gaan sit, hoe om met sy hande op die bed te druk. Om op n stoel te gaan sit, hoe om uit die stoel op te staan. As hy met sy loopraam loop, hoe hulle agter hom aanloop met n stoel om hulle voet vir as hy moeg word dat hy kan sit. Oefeninge wat hulle met sy bene en arms doen. Hoe hulle sy hande leer om weer n koppie of glas vas te hou, te eet.

As ons van dag een af geweet het van Caring Hands sou dit nie nodig gewees het vir Intercare nie en ek dink in elk geval Mediese Fondse sal miljoene rande n jaar spaar as hulle care workers soos die personeel van Caring Hand eerder na die mense by die huis omsien.

…..